JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief

Kweker se uitdagings.pdf

'n Kykie in die lewe van 'n pekanboom kwekery en die uitdagings waarmee ons te kampe het.
Bygevoeg: 2013-10-15 10:55


Spaar n Klompie geld.pdf

Hoe kan jy geld spaar wanneer jy 'n nuwe boord aangeplant het?
Bygevoeg: 2013-09-04 16:15

 
. 'n Nuwe Seisoen - 2014-08-17

'n Nuwe Seisoen Die Siklus in ons kwekery is nou voltooi met al die pekan bome wat uigehaal, verpak en hulle weg gevind het na hul nuwe tuistes.  Natuurlik gaan ons beste wense al die pad saam met die pekan boompies wat hopelik nou hulle kant gaan bring om vreugde en geld in oorvloed in die sakke van hulle nuwe eienaars te bring! Op ... meer

Die Seun van God - 2013-12-23

Hierdie  foto laat my dink aan die groot geskenk wat ons tydens die geboorte van Jesus gekry het. Hierdie hondjie, Raffie, het niks wat van hom 'n gewilde keuse sal maak wanneer iemand opsoek is na 'n troeteldier nie.  Indien hy by die DBV geland het, sou hy lankal uitgesit wees.  Hy is 'n opregte "one mana, plenty p... meer

Water, Son en Sorg - 2013-11-16

Ek wil net laat weet dat ons boompies baie mooi groei en hopelik volgende jaar in ander boere se boorde sal staan waar hulle daar ook vir baie jare vorentoe die eienaars en erfgename sal bly maak deur hope kwaliteit neute te lewer.  Op die stadium verg dit baie moeite om die baba boompies te laat ontpop in mooi sterk tieners.  Terloo... meer

Lafenis vir ons dorstige grond - 2013-10-21

Genade reën Vandag kan ek nie anders as om vol vreugde en blydskap te wees nie!  Reën, nog reën en nog reën het baie saggies geval die laaste paar dae - 50mm het ons dorstige grond en plante gelaaf.  Die wonderlikste ding vir my is dat die swart gebrande bome wat agter gebly het as stille getuienis van die tragiese ... meer

Beplanning en Genade - 2013-10-21

Beplanning vs Genade Dit gaan hier oor die beplanning van al die kwekery se aktiwiteite sodat alles glad en betyds gedoen kan kom. In my geestes-oog sien ek, ewige optimis, hoe almal rustig maar produktief besig is, elkeen met 'n eie deeltjie van die werk wat die geheel invul en afrond.  Ek het mos lankal geleer: "If you don&#... meer

Tyd van Kopkrap - 2013-09-26

Dis is nou weer daardie tyd van die jaar - van wonder en kopkrap want ons moet ent maar weet nie regtig waarheen om te mik nie. Oral hoor ek net een storie en dit is dat klein neute klein pryse kry en groot neute groot pryse.  Ek lei hieruit af dat verwerkers en uitvoerders nie eintlik ge-interesseerd is in die kleiner neute nie. Be... meer

Ons eie Webtuiste - 2013-08-14

Met die tye kom verandering en het ek gevind met verandering kom nuwe uitdagings. Soos die kwekery uitgebrei het die afgelope jare het ek meer en meer agtergekom dat tegnologie onontbeerlik is vir die bestuur en verbetering van ons produk, en so ook om inligting op 'n meer gemaklike wyse aan julle, ons produsente oor te dra. ... meer


Terug Terug na bo