JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief


2013-08-14
Ons eie Webtuiste


Met die tye kom verandering en het ek gevind met verandering kom nuwe uitdagings. Soos die kwekery uitgebrei het die afgelope jare het ek meer en meer agtergekom dat tegnologie onontbeerlik is vir die bestuur en verbetering van ons produk, en so ook om inligting op 'n meer gemaklike wyse aan julle, ons produsente oor te dra.

Ek hoop om deur hierdie kuberruimte vir julle van hulp te wees deur inligting beskikbaar te stel wat julle op die webwerf kan gaan haal sonder baie moeite en wat vir julle van waarde sal wees om die beste produk te lewer.

Dan wil ek sommer ook vir almal dankie sê vir jul getroue ondersteuning. Ek waardeer julle vriendskap en weet dat ek altyd my bes vir sal julle doen.

Nou ja die laaste van die laaste boompies is al amper uit en so in die laai het ons so paar foto's geneem van 'n paar van julle.  Hier is  Org & JC terwyl hulle, hul boompies kom haal het.  Dankie vir die mooi staan wat julle gestaan het.

Mag julle almal 'n voorspoedige plant seisoen beleef en jul boompies sterk en mooi groei.

Tryntje


Terug Terug na bo