JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief


2013-09-26
Tyd van Kopkrap


Dis is nou weer daardie tyd van die jaar - van wonder en kopkrap want ons moet ent maar weet nie regtig waarheen om te mik nie.

Oral hoor ek net een storie en dit is dat klein neute klein pryse kry en groot neute groot pryse.  Ek lei hieruit af dat verwerkers en uitvoerders nie eintlik ge-interesseerd is in die kleiner neute nie.

Beteken dit dat produsente in die toekoms nie 'n afset vir die kleiner neute gaan hê nie? Sal daar 'n stadium kom dat die pryse vir die kultivars met klein neute so laag sal wees dat die kool nie meer die sous gaan werd wees nie?

Wat is die rol en verpligting van die kweker teenoor voornemende kopers?  Moet ons maar net kweek wat ons al die jare kweek en die koper moet dit maar koop of word daar van ons verwag om die kopers in te lig oor die veranderings van voorkeure van die verwerkers en of uitvoerders.

Is dit hulle eie verantwoordelikheid om meer uit te vind oor kultivars wat vir hulle die meeste voordele inhou?

Ek vra maar net, miskien het iemand antwoorde...

Tryntjie


Terug Terug na bo