JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief


2013-10-21
Beplanning en Genade


Beplanning vs Genade

Dit gaan hier oor die beplanning van al die kwekery se aktiwiteite sodat alles glad en betyds gedoen kan kom. In my geestes-oog sien ek, ewige optimis, hoe almal rustig maar produktief besig is, elkeen met 'n eie deeltjie van die werk wat die geheel invul en afrond.  Ek het mos lankal geleer: "If you don't plan, you plan to fail: en ek wil nie graag daardie pad loop nie.  In my geestes-oog gebeur daar niks wat die appelkar omkeer nie, niks breek nie, niemand is babbelas, moeg of sommer net nie lus vir werk nie of daag net nie op wanneer ons dit die minste kan bekostig nie....

Die jaarlikse beplanning is heeltemal in plek en elke jaar hierdie tyd, pak ons die nuwe begin van plant, ent en nasorg met nuwe ywer aan.  Elke jaar hierdie tyd dink ons begeesterd dat hierdie jaar 'n goeie een gaan wees - alles gaan goed afloop, die ente gaan groei dat die biesies bewe en geen plae en peste gaan ons treiter of uit ons gemak zone ruk nie.  Elke jaar is daar egter iets nuuts wat ons tref.  As dit nie die enthout is wat skade gekry het in die koelkamer nie, het dit swart ryp gehad en is eenkant heeltemal bruin.  Volgende jaar is die saad weer nie heeltemal op standaard nie weens droogte.  Die volgende jaar reën ons it met ent-tyd eb si gaab dit maar aan sodat ons nie te groot word vir ons skoene nie.  Dit is goed so want dit hou ons op ons tone en laat ons altyd onthou dat ons nie in beheer is van ons lewens nie.  Ons is deel van die natuur met al die wette daarvan.  Elke jaar is ons geseend met genoeg om almal wat betrokke is, se magies vol te hou en weer te kan begin om dit wat vir ons lekker is, te doen na die beste van ons vermoë en in afhanklikheid van ons Skepper en die Onderhouer van alle dinge om vir ons te sorg en die mense wat ons boompies aanplant, te seën met goeie groei en oeste.

Groete,

Tryntje


Terug Terug na bo