JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief


2014-08-17
'n Nuwe Seisoen


'n Nuwe Seisoen

Die Siklus in ons kwekery is nou voltooi met al die pekan bome wat uigehaal, verpak en hulle weg gevind het na hul nuwe tuistes.  Natuurlik gaan ons beste wense al die pad saam met die pekan boompies wat hopelik nou hulle kant gaan bring om vreugde en geld in oorvloed in die sakke van hulle nuwe eienaars te bring!

Op die oomblik is ons baie bedrywig on die grond weer reg te kry vir nuwe saad wat weer die hele proses moet deurgaan totdat dit ook na drie tot vier jaar van nou af, as volwaardige tieners hulle nuwe tuistes sal vind waar hulle hopelik metertyd sal kan begin bydra tot die ekonomie van ons land. Aangesien die pekan wortels baie diep moet afgaan, is dit nodig om die grond diep en reg voor te berei.  Dit is vir ons wat onder healnet strukture werk, nogal 'n uitdaging aangesien dit nie met groot toerusting gedoen kan word nie.

Bestellings 2015

Soos wat die pekan boompies gehaal is, is ook bestellings geplaas vir volgende jaar.  Ons het dus al 'n hele klompie bestellings waarvan sommige baie groot hoeveelhede bome insluit.  Enige voornemende of huidige produsente wat dus bestellings, vir lewering gedurende Julie 2015, by Burkea africana Kwekery wil plaas, word gevra om nou reeds bestellings te plaas aangesien die kopers wat eerste hulle bestellings vas gemaak het, eerste in die ry staan vir bome.  Aangesien die enthout ook reeds klaar versamel is, sal dit nie meer moontlik wees om kultivars buite die normale gewilde soorte vir 2015 te bestel nie.  Die beskikbare kultivars is in die "Produkte" afdeling op ons webtuiste aangedui.  Ons verkies dat die bestellings so ver moontlik deur die webblad geplaas word.

Ons webtuiste het ook sommer so 'n bietjie van 'n "face lift" gekry wat dit hopelik lekkerder sal maak om na te kyk, loer in by www.burkea.co.za

//www.burkea.co.za/wmenu.php

 


Terug Terug na bo